Die ATKV-Redenaarskompetisie vereis ‘n oorredende en beredeneerde toespraak. Die hoofdoel is nie die oordra van kennis aan die gehoor nie, maar om die gehoor tot die standpunt wat die spreker stel, te beïnvloed en te oorreed. Deelnemers moet eie toesprake voorberei en mag nie gepubliseerde artikels woordeliks aanhaal nie. Die ATKV redenaarskompetisie gee vir die leerders die geleentheid om op hierdie gebied ook ons hul sê te kan sê. Verskeie van ons leerders eindig jaarliks as van die top 10-presteerders in die land.